Wie is tienie fourie verwe

Tienie Fourie Verwe is gestig in 1972 en lewer van die begin topgehalte kwaliteit werk regoor Pretoria en omliggende gebiede. Sedert die negentiger jare, het hierdie maatskappy van ‘n eenmansaak gegroei na ‘n dinamiese pa-en-seun maatskappy. Met derduisende verwysings agter die blad, en kiloliters se verf, staan Tienie Fourie Verwe bekend as die verf maatskappy wat niks minder as die beste lewer nie. 

Ons bied gepersonaliseerde dienste wat aangepas word vir die individuele behoeftes van elke kliënt. Met amper 50 jaar se ervaring in die industrie, spesialiseer ons in verskeie afdelings. Dit sluit in onder andere konsultasies ten opsigte van kleure en verf, verf van binne- en buitenshuise, asook die verf en waterdigting van dakke. Elke projek word begin en voltooi onder volle toesig om hoogstaande kwaliteit te verseker.  

Ons is ten volle toegewy aan vakmanskap van gehalte, integriteit in die sakewêreld en die verskaffing van die hoogste vlak van klant-tevredenheid. Elke een in ons verskeie spanne beskik oor die nodige kennis, vaardighede en ervaring om jou projek so suksesvol en spoedig moontlik af te handel. Ons maatskappy is gegrond op vertroue, voldoende kennis van die bedryf, talent en passie vir wat ons doen. 

Elke kliënt by Tienie Fourie Verwe is belangrik, en geniet hoë prioriteit. Ons bestaan suksesvol sedert 1972 omdat ons weet wat dit beteken om daardie bietjie verder te loop vir ons kliënte.